Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Impulsief
Negatief
Realisties
Vredeliewend
Miserabel
Ongeskik


Laat ons nie mekaar miserabel maak
oor hoe ons na die wêreld kyk nie.
Voor ons lê ‘n groot taak:
want ons verstaan mekaar nie.
Ek sien ‘n negatiewe beeld, als omgekeerd,
van jou realistiese perspektief.
Jy dink ek’s verkeerd;
jy sê ek’s impulsief.
Ek probeer vredeliewend wees om óns te genees.
Om my dans Feë vol fut;
jy met das en aktetas lyk uitgeput.
Agge nee! Soos karakters in ‘n Hollywood fliek
het ons obsessie met liefde verwar.
Vir mekaar… is ons ongeskik.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ongeskik vir mekaar
Jy het baie goed gedoen met die inspan van die woorde. Stem saam met Kiekies oor die 'badge.'
4 jaar 5 maande 5 dae oud


Ongeskik vir mekaar
So baie verstaan die liefde so verkeerd, dan is dit die eindproduk wat hulle oes.
4 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 10 ure oud


Ongeskik
Mens...ek het nie gedink dis so moeilik nie, maar jy verdien voorwaar 'n Noddy-badge. Jy is sowaar die enigste mens hier op Woes wat 'n bydrae kon lewer. Baie dankie vir jou!! Jy het dit uitstekend gedoen!!
4 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 19 ure oud


Ongeskik
Baie goed saamgevat.
4 jaar 5 maande 3 weke 3 dae oud


geskik
Baie goeie bydra tot tema van die week. Jy het die woorde goed ingespan:-)
4 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud


ongeskik
Ja-nee lyk nie of die vlieër gaan vlieg nie.
4 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar