Gedigte

Titel: Ongetiteld
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons memorie lê soos altyd op die horizon en wag.
Saans voor skemer hou ek jou vas.
Net soos ek het toe jy nog langs my was
Jou lyf het vergroei in myne
maar toe teen sandduine
skuur skuur verby gedryf
Ek kan spreekwoordelik verkeer,
My mond oopmaak en skree
sodat die ego van my hol klank jou siel voller maak

Maar die aanslag van my woorde
sal gister nie terug bring nie.
Hier staan my lyf koud in gebakte son,
met gebalsemde denke in ‘n vreemde land.
Ek mag jou nie sien nie
Het die engel geskree
Voel en sy vir my
En maak my vry
Van hierdie eindelose verlange
wat my lyf in kategorieë stadig verteer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar