Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is ‘n gat in my bed en saans wanneer ek sylangs draai,
word die nag se stilte ‘n venster waaruit ek telkens wil ontsnap,
of spartel sodat die donker my nie kom haal nie.

Ek skets prente vol lig aan die hemelruim
en verlustig my in die tasbaarheid van die mense hart.
Kan in my drome daaraan vat.

Delkikaat vermom hoor ek sy stem
deur die sagtheid van ‘n desember reen
Wat buite my kamervenster speel.

Drup

Druppend

Nader

Die gat word groter net voor ek gaan slaap en
sluk my stromps in, net betyds om
my van 'n dimensionele illusie van saamwees
te kom verlig.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Onbeskryflike mooi en emosiegevulde woorde. Besonders geskryf!
10 jaar 1 maand 13 ure oud


baie oulike gebruik van woorde
goeie lyn
10 jaar 1 maand 2 dae 5 ure oud


O my word!!!...hier ontspoor jy my met hierdie vers!.....WoW...double WoW!

...'n gunsteling beslis!

ammiemoon
10 jaar 1 maand 2 dae 5 ure oud


Stunning vers!
10 jaar 1 maand 2 dae 6 ure oud


---
'n Besonderse gedig hierdie...

---
en
sluk my stromps in

---

*Stunning!*
10 jaar 1 maand 2 dae 6 ure oud


uitsonderlike werk besonders verwoord.love dit.
10 jaar 1 maand 2 dae 7 ure oud


mee-sleurend. ek sou dit "black hole" gedoop het.
12 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud



Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar