Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek dra ‘n mombakkie nou al vir baie lank,
om van jou my ware sig te skuil.

Te veel trane het gevloei,
wat sout straaltjies gekerf het,
in my vel wat eens mooi pienk en vroulik was.

As jy vir my gekyk het,
kon ek in jou oë sien,
wat jy vir my nie wou vertel
wat eintlik in jou hart gebeur.

So wie het eintlik die mombak aan
om ‘n gevoel te verskuil?
want diep en weggepak is die absolute
ware beeld wat jy nie aan ons medemens kon oorvertel.

Ag my liewe mens,
kyk vir my en sien my weer,
soos wat jy reeds gekyk het in jou gang.

Jy het gestop en omgedraai en vir my gekyk
asof jy my die eerste keer so siels’ verlangend sien,
jou blik was stip so in my sig,
maar toe word dit ‘n soutpilaar wat in jou oë skuif.

My trane is met baie sout,
gevestig in my eens so sagte vel,
wat werklik waar alles wit
versteen,
verhard,
vermom.

Die masker sal miskien eendag
van my af weggevat kan word,
sodat my vel weer pienk kan skyn,
en jy weer sien wié ek ook is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar