Weergawe:
Aantal woorde: 199
Kere gelees: 3880
Datum gepubliseer: 09 Jul 2007
Jy's my ander helfte, dit is wat ek glo
Jy vul my aan, jy maak my ek
Jy beskerm my met jou liefde wat my bedek
Jy's my vrede as die storms woed in my
Jy's my blydskap as die hartseer my wil onderkry
Jy ken my gedagtes selfs beter as wat ek doen
Die bekommernisse in my kan jy verdryf met net een soen
Jou hart is myne, net soos my hart aan jou behoort
En so deur die lewe brand ons liefdesvlam voort
Daar is niemand wat my so volmaak vervul soos jy
By jou sal ek tot in ewigheid bly
Reeds 25 jaar as man en vrou is ons saam
Elke foto van herrinneringe in ons harte geraam
Mag ons liefde, respek en vertroue in mekaar nooit kwyn
Mag ons vir mekaar altyd wees 'n oase in die dorre woestyn
Vandag en veraltyd beloof ek weer:
Deur dik en dun, in rykdom en armoede, deur siekte en gesondheid, tot die dood ons eendag skei
Dat jy altyd my sielsgenoot, my eggenoot, my maat en my liefling sal bly
Vir my ma en pa op hul 25ste huweliksherdenking.
9 Julie 2007
Lees ander gedigte deur Alleen
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
(2013-05-19 19:00:00 - 2013-05-20 19:59:59 )
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur
