Gedigte

Titel: Ons is een
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met ons troudag
het ons belowe
ons sal mekaar bystaan
deur alles heen

die jare het verloop
ons het ons beloftes gehou
en was altyd daar
vir mekaar en ons kinders

vandag is die kinders
uit die huis en versorg
soms is die huis stil
maar dis lekker

ek het nie nodig
om jou elke minuut
te sien of te hoor nie
want jy is deel van my

ons vul mekaar aan
soms verskil ons
maar dis ook reg
want ons hoort bymekaar

vandag is dit al baie jare
dat ons so saam is
en elke keer as ek jou sien
raak ek liewer vir jou

jy is myne
ek is joune
maar ons is saam
saam maak ons een



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

...
Smile.
Dis nou so sweet-sag geskryf...
So mooi... die liefde...
8 jaar 4 maande 2 weke 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar