Weergawe: 1
Aantal woorde: 132
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 16 Sep 2015
Donker-vroeg môre in die koue van die Kaap;
die kenmerkende geklank van die trollie wieletjies in die straat
Met klere klam en verslete;
soms halfdronk en vol skete
Hulle sê hul skarrel vir hul daaglikse brood;
" ons het niks meneer, ons is in die nood"
Hulle soek vir n weggooi kossie;
iets met waarde sal hul nie los nie
Hulle trollies word hoog gelaai;
die pryse vir scrap is maar taai
Hulle is bly hul dag is verby;
hul het die oorskiet van die rykes gekry
So skarrel óns ook elke dag;
vir geluk wat op ons wag
Die eise van ons lewe is soms taai;
maar dankbaar dat ons genade kan maai
"Ons het ook maar niks my Heer, óók ons is in die nood"
Dankie vir ons daaglikse brood!
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Ano
HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.