Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Na veertig jaar is die Hantam kinders weer saam
herinneringe bring die gesig by die naam

Soos Calvinia kinders steeds kan lag
deel elkeen met mekaar hul besige dag

Daar word vertel van die lief en die leed
van kinders, werk en ook elke skeet,
van die lewe se beitels en hammers
diep uit die hart se verborge kamers

Ek voel tuis, my beker is vol en dit loop oor!
by elkeen wil ek gesels en alles hoor
Die ou tydjie saam is net só kort
ek is bang ek gaan my oorvol beker stort

So vul ons mekaar se liefdesbekers met Hantam stof
sodat ons daaruit kan drink vir nog 'n skof

Met die groet, voel my beker skielik dan so leeg....
waar is al daardie soet gevulde vreug?

Toe ek wéér na my beker kyk
sien ek elkeen se liefde in oorvloed daarin pryk!

Dankie, ons bekers loop weer oor
laat asseblief gou weer van jou hoor!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ons stort ons bekers
Dis altyd heerlik om so n reunie by te woon... pragtig en uit die hart gepen
5 jaar 1 week 5 dae 5 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar