Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

wimpers fladder in die oggend soos ek kyk vir blou gordyne wat nie in die wind waai nie wat my nou laat dink aan al die ander gordyne wat ek nog gesien het van .n kussing af
.
my arms is nog lam van slaap en wil nie draai of oplig nie ek wil nog net hier lê en dink aan hoe dit was toe ek gedroom het
.
ek hoor jou ketel kook en weet dat jy net een koppie koffie gaan maak wat soos .n wag voor jou hart by jou lessenaar sal staan en kyk dat ek nou.nou huis toe gaan
.
as ek net hier bly lê en dink aan hoe ons in die nag teenaan mekaar geslaap het kan ek moontlik net vergaan in oggendlig wat flou.flou deur die venster spoel
.
ek weet dat netnou sal ek moet my klere vind en my middel vind en ek sal moet kom glimlag langs jou op my stoel en maak of niks gebeur het nie
.
en weereens sal ek bid vir dae wat wakkerword híer sal gebeur waar al ons wesens saam gesmeld is en die dagbreek my sal wil laat opstaan en my knieë nie so gebreek voel nie
.
daar is geen ander lappe meer nie nie gordyne lakens kussings of komberse vir my oor nie nee daar is nét die blou van jou bed
.
ek weet diep binne dat dit dalk die laaste keer was wat ek so kon kyk kon luister na jou hande in die kombuis na jou voete oor die teëlvloer en ek huil in my borskas sonder trane
.
as ek net kon praat dat jy my hoor en dat ek nie val oor elke woord nie dan miskien sal ons mekaar dan kan verstaan want al jou liggies skyn onder my skoene en al my taal waai by jou karvenster uit
.
maar al hoe ek vir jou kan sê dat ek jou liefhet is in rympies met geen hoofletters nie en opgemaakte taal want al hoe ek jou nou kan sien is kwaad vir my
.
en so sal dit voel tot ek nie meer is nie
.
tensy
.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ons kan weer praat
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Liefdes projek
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 14 ure oud



Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar