Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Soms draai
hartseer krom
in my keel,
raak dit wat
ek wil sê - stom

Net soos die klank
van gebrokenheid
in die donker nag

Nes ons liefdespore
wat hand aan hand
doodgeloop het
in ‘n wysie
wat nou nog
sag,
diep,
binne my
bly speel

'n Wysie wat ons
altyd sal deel,
soos die
stil word
na ons lag

~©KVDM


Foto ~ Julie de Waroquier



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

sonder woorde
Die stilte na iets moois voel soms so leeg en sonder betekenis. Mooi gedig.
7 jaar 3 maande 2 weke 6 ure oud


..sonder woorde...
Solank die wysie refrein
bly daar 'n vlammetjie van vreugde
...en van pyn!

Uitstekend!
7 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 20 ure oud


Wysie
Soms draai
hartseer krom
in my keel,
raak dit wat
ek wil sê - stom

Uitstekend verwoord!
7 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 4 ure oud


Sonder woorde
Hartseer verse, met net n wysie wat in die die donker nag alleen agterbly.. Mooi gedig.
7 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud


Wysie
Baie goed gedoen Karen...die laaste strofe raak veral mens se hart aan...
7 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


Wysie
Hierdie is regtig 'n uitstekende gedig Karen :)
7 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


***
Hierdie een is regtig goed, dankie Karen!
7 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud


Ons wysie
karin hierdie is pragtig verwoord, treffend!
7 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud


Ons wysie sonder woorde
Sjoe, dit is pragtig! En dit spreek baie diep met my. Ons ken mos daardie hunkering na ons bekende wysie...
7 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


bekend
Dis baie besonders, na aan my hart geskryf... voel soos my woorde uit 'n ander se pen, dak, net beter gestel xxx
7 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


*****
Sielswoorde...praat tot diep in my hart. So seermooi!!
7 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


liefde
Pragtige foto, en pragtige woorde van pyn,soos die balade van 'n enkeling... dis so vol pyn, en wys tog hoe liefde in die niet kan verdwyn as die son nie daarop skryn.
7 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Wysie
Die pyn van liefde. Herinneringe sal dar altyd wees.
7 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


:)
Baie teer val die woorde op my gemoed...dankie.
7 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


wysie
Ek hou baie hiervan, "wat hand aan hand, doodgeloop het"... maar die liedjie bly draal...
7 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar