Gedigte

Titel: Onseker
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wie is die gedaante wat my deur die kas se sleutelgat aangluur?
Hoekom wil hy my bevry van my omstandighede?
Ek is tog gelukkig, is ek nie?

My menswees is bedreigd deur my keuses, my keuses is bedreigd deur my menswees.
Kan ek nie maar net `n gewone mens wees?

Ek is vasgevang in `n liggaam met perke tot my geluk, my toekoms, my lewe.
Moed word daagliks bymekaar geskraap vir die groot dag, die begin van my lewe, die ware ek.

Die sleutel na my hart is verdryf deur `n persoon wat ek nie ken nie, wat ek nie vertrou nie.
Die persoon is ek, maar is dit die ware ek?

Ek is bang vir die gedaante wat my aangluur, ek weet hy gaan my bevry, my blootstel.
Ek sal tog gelukkig wees, sal ek nie?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vergeet jouself en vind jouself deur God.
Laat Sy gees toe om jou te lei na die persoon wie God in gedagte gehad het,
toe Hy jou geskape het.
Hy stel belang!

Mooi gedig.
9 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 9 ure oud


twyfel mooi verwoord
9 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud


Onseker
Baie mooi gedig en welkom by woes seun!
9 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar