Gedigte

Titel: Ontbinding
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Projekteer
projektiel
afvuur .

In die donker uur
as ñ siel verteer
( die aftelling
te lank duur )

– jy met jou vinger
op die sneller is – .

Ja , nag is ñ bringer
van sy eie stryd

nag spook sy eie spoke .

En in die kis
van jou drome
waar selfverwyt
saam met jou lyk

is dit snaaksgenoeg die spoke
wat jou sane hou .


( 03/01/2016 11h02 )




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ontbinding
Juis broer - Juis!
In hierdie passie van my vir die lees, studeer, absorbeer, verteer en verskrik van die Ekonomie -
Juis geïnspireer deur die bollie aangejaag deur die 'regeerders' van die tyd (ek wens ek kon die woord kleiner skryf) . . .
Verwaar die gedagte van hierdie vers en druk jong plaasboer die loop teen die kop.
Onnodig . . .O' so onnodig!

Dus -
Raakgevat - vir hierdie tyd

Raakgevat -
(ek sou graag moerse humor hier wou inbring - maar, dit sou heel onvanpas wees.)
4 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 23 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar