Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 113
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 21 Oct 2015
Jy is oordwars vertrap, verslof,
deur bees en bok oorwei
en sonheet rol die donkies stof
waar vrugte eens gedy.
Die syfering -waar veergoed les-
is nou verharde rots;
die kweperlaan waar voëls nou nes
was kindtyd Ma se trots…
Die plaashuis stal vernielsug uit
met afgesteelde dak;
en gate wat eens vensters was
verspook met naggeluid!
Die opgaartenk, knus teen die skuur,
lê omgeval, verroes,
gestut deur afgedopte muur
en rankrose wat kroes.
Die widpomp kan nie maneuvreer
in soek na wieldraaiwind
want vlerkloos, lank en uitgeteer,
lê hy reeds roes-ontbind…
O, Boereplaas, geboortegrond,
my hart, my siel bly skree
teen onreg van die ‘nuwe bond`
wat vat en nooit t’rug gee…
Lees ander gedigte deur Koekekranka
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Bitter hartseer!