Gedigte

Titel: Onthou
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As jy terug kyk, weer die jare uitkrap
blaai deur al die onthou
die foto's uitpak
weer bekyk
nostalgie
aanpak

die ding is
foto's is bloot
'n weerkaatsing
van wat was en wat sou

natuurlik
sonder wete
jou lyf kaal en bloot
vasgevang in speel-speel
die ware jy uitgebeeld in moot
liefde en passie en passie vir liefde

foto's
die vloer vol
met wonde bitter rou
van onthou wat sou en wat wou

is jy bloot 'n stil weerkaatsing
slegs 'n foto van realiteit
en onthou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Onthou
Ja, so le daar geluk en seer in elke foto, in ons albums. Die wat gedruk is in die albums, in ons boekrakke en die wat gestoor word in die argriewe van ons brein. Mooi gedig AC.
8 jaar 2 maande 3 weke 19 ure oud


"foto's is bloot
'n weerkaatsing
van wat was en wat sou"
...hierdie is besonders geskryf
8 jaar 2 maande 4 weke 8 ure oud


Onthou
So waar!
8 jaar 2 maande 4 weke 11 ure oud


Uitbeelding
Wat 'n mooi uitbeelding van onthou!

Vonnie
8 jaar 2 maande 4 weke 15 ure oud


Onthou
Jou gedigte is definitief besig om te verbeter (vir my elk geval) en hierdie een is regtig besonders.

Wag vir nog verassings!
8 jaar 2 maande 4 weke 15 ure oud


IMAGINASIE
miljoene beelde word elke dag as fotos in die imaginasie van die brein verewig.

Ek let op hoe die passie van die lewe, die liefde, die sterkste motief vir 'n daaglikse ontdekkingsreis genereer.

More is vandag se gister en al wat oorbly is die o n t h o u . . . . en soos jy dit baie goed verdig, die rou wat so seer maak. . . . en tog is elke dag 'n fotobeeld van 'n toekomstige hoop, geloof in die liefde, wat ons passie beskryf.

Andre, dis werklik OK. . . . een wat ek sal onthou.

8 jaar 2 maande 4 weke 18 ure oud


Onthou
Dis 'n baie sprekende fotobeeld van wat was en wat wou en jy het dit baie goed ontvou, AC!
8 jaar 2 maande 4 weke 23 ure oud


Onthou
Baie mooi uitgebeeld ! want ek sien die prentjie in my gedagtes.En ons almal het dit al gedoen, nê?
Let net op "bloot". Enige een kan 'n ou foutjie maak.
8 jaar 2 maande 4 weke 1 dag oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar