Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Huppel over berge en heuwels
volg die kronkelpaadjies
wat oor veld en vlaktes vurk
en hurk langs die spikkeleier van 'n bloukraanvoël.
Kyk, dit lê op barre aarde
tussen klippertjies en gras.

Skulp die kuiken van 'n kolgans
in die holte van jou palms vas
voel hoe sag voel veredons
as jou vingers daaroor streel

en selfs die sekretarisvoël
sal haar kinders aan jou toevertrou
aan jou, met die helder oë
en die onskuld aan jou hande.

Dans oor somer koringlande
al staan die stoppels droog en vaal
immer sal die goue son
die amber en die heuning
uit jou gelaat en hare haal.

Wals onder 'n hemel van blou saffiere
vind die stroompies
volg die riviere
wat water na die dorses bring.

Wandel waar die wolke
teen die horisonne wit
en waar kinders nog in skure
met hul rûe teen mure
van klei en steen kan sit.

Vind jou vrede
daar waar velde nog oor wye vlaktes baan
waar jy die penne van jou tent
diep in die aarde vas kan slaan.

*

Huppel over berge en heuwels
selfs in die donker van die nag
volg die kronkelpaadjies
wat deur gras en klippers vurk
en hurk waar spikkeleiers op die barre aarde vir jou wag.

En onthou
iewers vonkel vonkelsterre
en êrens
edeltin 'n maan




C. Shaw
26 Desember 2015


*vir Klarissa (noudat jy 21 is)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Huppel
'n pragtige vers vir 'n pragtige kind!

Net 'n ma kan so skryf!
************
5 jaar 4 weke 1 dag 7 ure oud


die weervoorspelling
n Pragkaart.....
Jip..huppel die agterpaadjies.
EN neurie die scenic routes..

O..en luister na jou ma.
*************
5 jaar 1 maand 16 ure oud


Onthou
Mooi gepen.
5 jaar 1 maand 1 dag 14 ure oud


Huppel
Pragtige vers vir 'n besondere kind.
5 jaar 1 maand 1 dag 17 ure oud


Onthou
Uitstekende werk. Bevoorreg is jy met so pragtige kind.
5 jaar 1 maand 1 dag 20 ure oud


onthou
Dit is nou n pragtige geskenk vir n pragtige kind
5 jaar 1 maand 1 dag 23 ure oud


'edeltin'
. . . bedoel ek!
5 jaar 1 maand 2 dae 1 uur oud


Waauw!
Hoe pragtig, digterlik vat jy die onskuld van die kind en die natuur hier en maak dit vas in die edeltint van die maan . . .

PRAGTIG!
5 jaar 1 maand 2 dae 1 uur oud


***
Pragtige, nostalgiese gedig vir 'n mooi kind. Ek is seker sy sal onthou om te huppel. Kersgroete.
5 jaar 1 maand 2 dae 9 ure oud


Onthou
Ek sal onthou om te huppel! Pragtig geskryf. Baie dankie.
5 jaar 1 maand 2 dae 14 ure oud


Onthou
Lekker om so 'n mooi gedig so vroeg oggend te mag lees, dankie Viooltjie
5 jaar 1 maand 2 dae 17 ure oud


Onthou
Pragtig, lig en vrolik met tog 'n ondertoon van erns.
Na gister se enorme kersmaal is dit bietjie moeilik om ligvoets te dartel, maar niks verhoed mens om die skoonheid van die natuur rondom jou waar te neem nie.
Vind jou vrede....
5 jaar 1 maand 2 dae 18 ure oud



Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar