Gedigte

Titel: Ontmoeting
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gedagtes diep binne
raaisels loop soos sinne
in my hoof
ongeloof word verdoof.

Ontmoeting was salig,
met jou oë op my gerig.
Wat sou jy dink?
In jou blik het ek verdrink.

Sou my oë in woorde met jou spreek?
dit wat ek wou wegsteek!
raak gelees
vriendelik, bedees.

Brommende mense om ons
Is dit my hart wat so bons?
Waarom voel ons alleen?
So naby met jou hand om my heen

Die gesprek is lig
Met jou hand op my rug
Draai ek om, te loop
Terug na die hoop

waar ek veilig voel,
want dis stil binne my.
Wat sou die stilte bedoel?
Sou jy dalk die selfde voel?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi!
11 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud


Kosbare oomblik. Pragtig verwoord.
11 jaar 5 maande 4 weke 22 ure oud


MOOI!
Goeie gedig.
11 jaar 6 maande 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar