Gedigte

Titel: Ontmoeting
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dit was n aand
soos vanaand
met die maan netso helder,
die naaste ster
was n klipgooi ver.

Tussen Namies en Aggeneys
het oubakkie onverklaarbaar
besluit om te rus,
en toe was dit net ons
en die grote wildernis.

Langs die pad
was n stapeltjie klippe
netjies gepak,
en naas dit n platter een
waarop ek dankbaar kon neersak.

Daarvandaan
was dit twee jaar te voet
na die naaste dorp of dak,
en ek voel hoe my moed
tot in my skoene sak.


Eensklaps was ek nie meer alleen
want daar staan n Omie,
sy kyk was reguit
sy staan vas en vier
Naandse neef
wat op aarde maak jy hier?

Nou my oorle Pa
het nie ongemanierde kinders grootgemaak
(Maar wel versigtig)
want toe ek bladskud
was sy greep so effens koel,
ek kon dit aan my nekhare voel.

En toe die Omie op sy hurke gaan
en ek weer my platklip opsoek,
pluk hy daar n twaksak uit
en bied n stopsel aan.

Nou ek glo in die Magalies
se geurige donker twak.
Maar in die ou omie se sak
was die tabakland se hoekpale
opgekerf en ingepak.


Deur die trane en die rook
Se hy toe so ewe;
Wel neef – ek is n spook
van lank lank terug,
sal jy vreeslik omgee
om jou fondament
van my grafsteen af te lig?

Laat ek jou nou vertel
daar mag dalk ongeskikte spoke wees,
wat tydig en ontydig
in die donkerte vir jou wag.
Kettings sleep
en raas
dwarsdeur die nag.

Maar hierdie was n dieper spook
ek kon dit duidelik sien
want in sy ribbekas dwarrel van
die grysblou rook.
En sowaar ek leef
toe ons bakkie toe loop
kon ek sweer die Omie sweef.

Dit is hier
waar ek die storie huiwer;
want elke storie het iets onvertel
en elke storie het n plek
waar jy diep aan Dagon trek.
Eers so in die verte moet kyk
Ietsie plaaslik oor jou lippe om die droogheid te laat wyk.

Want as jy eennag perdalks
tussen Kamies en Aggeneys
alleen op n grondpad reis,
kyk vir twee stapeltjies klip netjies gepak
met twee Oumense
wat hand aan hand wag vir die son
om oor die Ghaamsberg te sak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
'n Lekker-lees gedig en 'n kostelike vertelling daarby!
7 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 1 uur oud


Ontmoeting
Dis nou 'n gedig so na my hart. Ek hou van stories...en veral spookstories. Jy vertel dit so lekker en ek hou van die rym. Dit was nou 'n GROOT plesier om te lees...
7 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud


Spook ...
Heerlike leesgenot!
Bly om te sien jy skryf weer.
7 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar