Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy was mooi ,
hoekom moes ek met jou lelik wees daaroor ? .
Jou hart was goud ,
hoekom moes ek dit misbruik
of dit nie sou weggaan nie ? .
Jou oë was rein ,
en die gees in dit was heilig
jou irisse soos n kruis se grein
moes my onthou het ek was veilig .
Jy was te sag ,
net genade het jou nie gebreek nie .

Ek moet uit my spookhuis uit , ophou dwaal ,
my plek leeg maak , ophou verdwaal ,
al gaan ek jou mis
ophou wegkruipertjie speel met jou ,
noudat ek alleen is , ophou deel met jou .
Tyd wou my met lag leer trane word oud ,
maar ek het andersom verstaan ,
ek het gedink as ek aanhou soek
gaan ek ophou seer kry .
Maar dit het nie gebeur nie

Ek moet ontsnap ,
ek moet wegkom ,
ek moet vlug ,
vereenvoudig , sonder straat ,
en die stad wat om my saamdrom ,
geboue wat my krap .
Want dit alles is net n klug .


Ek moet voor Bloemfontein
langs die pad stop ,
en nee sê vir alles in my kop ,
en op kyk , en voel ek is werlik klein .
ek moet weer weet hoe die Melkweg lyk .
Ek moet my klip weer n hart gaan huil .
Ek moet my siekte vir my siel terug ruil .

Ek moet op Kaapse strande jou gaan mis ,
op Tafelberg n idee kry hoe ver jy is .
Ek moet in die see in stap
tot magiese golwe my weer heel lap ,
tot sy grense oor my tap .
Ek wil die alleenheid nooit meer voel nie ,
en tot eendag as die water my teruggee
wil ek vrede hê daarmee .

As ons kon oor begin
sou ek van my kindertreë
jou naam vir my spore gee
as hulle dan gevra het waarheen .
Jy sou vir my op die strand wag ,
jou mond sou in my lag
Ek sou vir die eerste keer vir jou sê
ek was lief vir jou .
en op die rotse my knieë
n ring aan jou vinger gesit het .
en jou in die skemerrooi oor die see gesoen het ,
en die kleure gemaak het soos jy dit wou hê .
Jy hoef maar net te gesê het , en ek sou inkleur ,
en elke dag saam met jou sou n inkleur boek wees ,
elke nag saam met jou n inkleur prent ,
elke passie n ander deel van jou
.

Jy sou die lewe se lied ervaar ,
dit was die blydskap van n flamenco-kitaar
die lag op elke snaar .
Jy het nie verdien dat huil n hartseer klank moet wees nie ,
nie jou bang stiltes in die nag wat my siel gegiet het nie
toe my oë blind , en ek leeg was nie .
Eintlik wil ek net sê :
ek is jammer vir wat ek was ,
en dat dit ons dood gemaak het .
Ek wou nie hê jy moes weggaan nie ,
en ek moes nie weet watter kleur was stil nie .
Dit was die kleur van die kruishout se pyn
wat my onthou het jy was daar


- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ontvlugting
Besonderse vergelykings getref. Hou hiervan.
4 jaar 9 maande 1 week 7 ure oud


ontvlugting
jou heel beste gedig ooit.. absoluut PUIK!!!
4 jaar 9 maande 2 weke 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar