Gedigte

Titel: Onvermoë
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die hartseer van ander
het my lewe verander-
dit laat my met ‘n sagte hart voel
met nuwe oë kyk
en simpatieke ore luister.

Weet jy hoe dit voel?
- om verkrag te word-
as jou geliefdes vermoor word-
jy geslaan en mishandel word?

Ek kyk in die oë van stukkende siele
luister na die woorde van gebroke harte
ek ervaar die hulp roep vir erkenning
Vir aanvaarding
Vir liefde
Vir aandag.

Hul pleit sonder woorde
vir hulp uit alle oorde-
hul lyftaal praat saam
neem weg die hartseer pyn
-die lewe se venyn!

Ek ervaar vrees
en vra myself
“Hoe kan God van my verwag
om hul heel te maak”?

Ek sluit my oë in stilte
sonder woorde bid ek
“Help my God”

‘n Kalmte kom oor my
Ek weet! – dis van God verkry.
Dit word sterk binne my -
Ek weet - die woorde wat ek uiter
Is nie myne-
Die raad wat ek gee
is nie geleerdheid-
die gevoel wat ek voel
nie ondervinding nie.
.
Ek sluit my oë in dankbaarheid
En prewel sag – Dankie Here.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Onvermoë
Sjoe, dis een van jou diepste en mooiste gedigte die. Met gevoel en deernis geskryf.
12 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


Stunning gedig vol seer en hoop.
12 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar