Gedigte

Titel: Onvolkome
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die kantoor is leeg sonder jou stoute lag
Dit word vir my moeiliker by die dag
Om hier te sit in die kantoor wat ons gedeel het
En droom oor goed wat ek voor wens, maar wat nooit gebeur het

Soms hoor ek 'n stoute lag en verbeel my opgewonde dat jy daar is
Maar as ek omdraai word ek gegroet deur die waarheid

Ek wens ek het meer tyd belê
Want nou wil ek jou in my arms hê
Jou hare sagkens streel
Dis maar net van die goed wat ek verbeel

Hou my vas met jou arms sterk tog teer
My hart is vertrap, gebroke en seer
My kop is 'n dwaalhof vol gister se drome
My toekomsplan sonder jou onvolkome…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar