Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wee die mens wat sy Vader verag, vervloek
is die een wat sy Skepper se liefde verwerp,
die gebondenheid aan die verganklikheid
en sy verderf sal 'n ewige lyding regverdig.

Jy vrees, hulle sal jou kasty en jou bestraf.
As jy die Regter se wil uitvoer is jy gemerk,
daarom dan sal jy eerder die donker kies
waar die lig van Sy liefde nie op jou val nie.

In jou diepste wese misken jy jou Hom!
Jy twyfel en dwaal in die eensaamheid
van onsekerheid in jou eie menswees
en jou gemoed is vir ewig beswaard.

Bedags kruip jy weg in die skaduwee
van die mensdom se verhewendheid,
dan hoef jy nie verantwoording te doen
en jouself te brandmerk as Sy kind nie.

Mens, wat het geword van jou geloof?
Jy drentel rigtingloos rond in sirkels
en oor jou lippe kom vreemde vrae,
in die nag sien jy geeste . . .

20/12/2015 © C. du Plessis



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

onvoltooid
Ja, en so loop ons met ons sware las i.p.v om net Sy vergifnis ons eie te maak.

'n werk wat na bepeinsing vra.
NS: vermaning is ook 'n gawe van die Heilige Gees

Pagtig bedink en verwoord
4 jaar 3 weke 5 dae 10 ure oud


Onvoltooide gesprek . . .


Bestrawwend maar sinvol en nodig.Vir menige is hul geestelike lewe inderdaad 'n onvoltooide gesprek en ek is bevrees vele sal dalk nie die tyd gelaat word om die gesprek redden te voltooi nie...
4 jaar 1 maand 3 dae 13 ure oud


onvoltooide gesprek
uitstaande gedig
4 jaar 1 maand 4 dae 12 ure oud


gesprek
Sterk gedig, Casper. Ek hou baie van jou laaste strofe :-)
4 jaar 1 maand 4 dae 17 ure oud


gesprek
Casper met hierdie bittere droogte dink ek al meer mense voel so
4 jaar 1 maand 5 dae 1 uur oud


Onvoltooide gesprek . . .
Jou vierde strofe staan vir my uit.
4 jaar 1 maand 5 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar