Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Onvoorbereid en
onverwags
oorrompel sy my met
‘n gul glimlag
en haar oë
twee turkoois plasse
gevoelvol groot
vol pyn en plesier
en lag en lawaai
eerlik emosievol
groen-blou edelstene
wat dwarsdeur my mure
tot binne-in my hart kyk
sy is hardkoppig kind
skielik ‘n tierwyfie
wat grom en
besitlik beskerm
nekhare orent
hande wat fladder
wenkbroue koekend gefrons
haar mond ‘n rooi spelonk
vol kosbare wyshede
vertrapte drome
letters klotsend oor die kante
skerp strale troebel tale
kloekend en vloekend
kwetsend kwaai
haar tong gedoop in gal
bitter druppels
salpeter sinne
forseer hul weg
blatant en banaal
deur die spirale
van my koglea
en dring tot in my siel
tot sy meteens
wyd weemoedig glimlag
“kom ek sing liewer vir jou”
en oor haar lippe
borrel ragfyn
kristalklokkies
en haar stem
se silwer note
raak aan die plafon
en vlieg hoog op
verder verby
die spierwit wolke
tot binne-in die hemel
waar dit meteens
knallend ontplof
en terugkaats
in ‘n skitterblink sproei
van sterstofsplinters
silwer spikkels en
stroopsoet spatsels
wat taai vaskleef
aan haar hare
en wange en
haar rooi lippe
en haar tong bedek
met heuning
en vanielje
neutmuskaat
en kersiebloeisels
en in ‘n sagte
warreling
gaan

oor
al
haar
haat



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sjoe
Na alles wat ek gelees het , voeg my by , by jou lysie , groete , BERG
9 jaar 9 maande 2 weke 2 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar