Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

sit 'n droom op my kussing neer
tesame met 'n engelvlerk se veer
dan weet ek in die donker nag
dat jy ook êrens vir my wag

fluister saggies in my droom
liefdeswoorde sonder skroom
troetel my met woorde sag
tot ek is, heel in jou mag

gee my 'n mandjie liefdesrose
oranje-goud soos ryp appelkose
bind 'n sonstraal daaraan vas
ek sou dit kry as ek wakker was

bring vir my die voëlgesang
wat ligweg in die bome hang
want dan weet ek en is ek bly
ook in drome is jy daar vir my

©



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

...
Oranje-goud soos ryp appelkose... baie mooi!
8 jaar 4 maande 5 dae 18 ure oud


Ook in drome
Hemelsmooi ! Sjoe ! Ek voel dit ! Ek proe dit !
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


AC
Ook in my drome...
Ook in my drome skryf ek sulke puik gedigte, sjoe!

Ek stem saam met Anna Marie V, en Vonnie... Maar klink of AM haar storie ken.

Come what may... Ek is mal oor hierdie gedig Borrels
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud


Kommentaar
Ek stem volkome saam met Anna Marie dat elkeen sy eie skryfstyl het. Jy het al sooo jou stempel op jou gedigte afgedruk dat 'n mens amper instinktief weet waar dit uitgeborrel het!

'n Skrywer behoort, watter genre jy ookal aandurf - hetsy 'n artikel, gedig, liriek of wat ookal, getrou bly aan jouself.

(Haai Arelle, welkom op Woes tussen al die woeste skrywers jong!)

Vonnie

8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


Kommentaar
Borreltjies, ek ken (en hoor)'n liedjie as ek hom sien. Gebruik die eerste versie as koor en jy het 'n pragtige liefdesliedjie hier beet!

Vonnie
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


Drome
'Gedwonge rym' of te not. Jou gedigte lees heerlik en dra jou gedagtes perfek oor.
Ek dink elkeen het sy eie skryfstyl, vandaar digterlike vryheid.
Dit is nie onverstaanbaar nie, net plein lekker

Maar nouja , ek is 'n rymelaar van formaat, en dit werk vir my.
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud


Drome
Om (en verskoon my, ek bedoel dit goed) 'n "rympie-digter" te wees sit nie in enige een se broek nie. Dit kan derhalwe geheel afbreek doen aan 'n gedig, of juis, agv die aabb rymskema soos hier, die gedig laat werk.

Die enigste manier om verby dit te werk, is om op so 'n wyse te skryf dat die leser nie eens agterkom hy lees 'n 'rympie-gedig nie', m.a.w. die gedig moet gedra word deur ander dig-elemente ook, soos metafore, alliterasie, assonansie, herhaling ensomeer. Mens kan baie leer oor eindrym en binnerym as jy baie gedigte lees deur die bekende skrywers; hoe geslaagd hul 'n gedig skryf met abab of aabb ens. sonder dat die leser dit agterkom, sonder dat dit gedwonge rym is.

In alle opregtheid dink ek jy is tot veel meer in staat - jou stunning woordbeelde en hoe jy jou woorde inspan maak dit duidelik.

Maar doen asb jouself een groot guns en moenie vasgevang word in gedwonge rym nie. Hierdie is vir my 'n goeie voorbeeld van gedwonge rym in jou gedig:

"troetel my met woorde sag
tot ek is, heel in jou mag"

Hoekom? want mens praat gewoon net nie so nie. Mens se tog nie "tot ek is, geheel in jou mag". Nie waar nie? Mens behoort 'n gedig te skryf soos jy praat, anders is dit geforseerd, want dit word dan 'n rymelary ter wille van die aabb of die abab rymskema.

En jou gedig kan dus maklik verbygeblaai word - wat ongelukkig sal wees,volwasse lesers soek meer binnegoed in 'n gedig en ek dink jy het ware talent, maar omdat jy jouself beperk tot gedwonge rym, gaan mense verby jou lees.

Jou talent is duidelik: Hierdie reel is vir my ongelooflik stunning:

"bring vir my die voëlgesang
wat ligweg in die bome hang"

...wat ligweg in die bome hang...dit is waaragtig mooi geskryf, uit jou hele gedig sou ek hierdie copy en paste en weer en weer lees, want so leer ek ook. Ek sou graag dat jy voortbou op hierdie soort van beelde. Dit is duidelik waar jou talent is, en as dit dan opeindig in vrye vers, waarom nie? Waarom jouself beperk met rympie-skrywery?

Ek glo jy sal dink my kommentaar is kras en ek hoop nie dit ontmoedig jou nie. Ek is geen digter, geen kenner, maar ek is 'n baie goeie LESER en ek weet waarvan ek hou, en waar ek verbyhou.

Derhalwe sal ek daarna uitsien dat jy oefen oefen oefen aan reels soos "...voelgesang wat ligweg in die bome hang'...hel dit bly vir my ongelooflik mooi (en hier is TOEVALLIGE rym wat werklik werk - DIT is waarna ek dink jy behoort te streef).

Dankie dat jy jou gedig aan my gestuur het om te lees - ek is nuut op Woes en glo dus jy soek kommentaar? Ja? Wel daar het jy dit. Ek hoop jy beskou dit as opbouend!

AM

"


8 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


Kopkussing
betorend
8 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 5 ure oud


Ook in drome
Dis asemrowend mooi, borrels...selfs in drome, daar is jy!
8 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 5 ure oud


Mooi!
10 jaar 3 weke 1 dag 10 ure oud


Pragtige gedig, Borrels!
10 jaar 3 weke 3 dae 6 ure oud


Baie mooi borrels.Altyd 'n droom.
10 jaar 3 weke 4 dae 4 ure oud


Ook in drome ...
eENDAG WORD JOU DROME DALK WAAR!
10 jaar 3 weke 4 dae 10 ure oud


Dis uitstekend gedig! Regtig baie goed gedoen en mooi!
10 jaar 3 weke 4 dae 10 ure oud


Sjoe borrels...jou vers staan uit...en bind ons die mooi daarvan vas aan ons harte...pragtig geskryf..smile!!! n gunsteling!!
10 jaar 3 weke 4 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar