Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Winter taan skalks en blaas
half-long-mis oor my skouerblaaie
as ek vroegoggend strand langs loop
om jou laasweek spore in die sand
te soek.

Malgasse knik diepverstaan
en waggel-sleep drie tree saam
asof hulle my self wil vra hoekom
jou vingerdrukke nog my hals tooi,
hoekom ek hartafwesig gebreekte skulp
in vlak branders gooi.

My hunkerkreun word een met 'n
kaal-lyf suidoos wat lankal voos sy
liefde moes neerlê op 'n wolk wat
halfmas reën,
en ek my borspyn-fluister oor 'n rimpelduin
vir die blosende son uitskree.

Met elke tree word ek meer eensaam
as 'n tree tevore,
raak ek verlore in die skadukant van rotse
waar swartmossels knoets in trosse
want hulle weet van kleef aan dit
wat jou laat leef.

As ek veel later die koraalsand afskud
en half bevrore vuur in my hande blaas,
knipoog ek dankbaar vir winter wat
natwang leun teen my ontblote hart,
wat ruimte vir trane tussen
reëndruppels laat.

Jy en winter
is een
en ek ween
want julle altwee is besig
om deur my vingers te glip.


© 2010 Almarie Truter



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Seer asemteug
Hierdie is, as ek so vinnig moet dink, die heel mooiste, mooiste gedig wat ek gelees het. Dit moet op almal se gunstelinglysie wees. So mooi, dit maak mens hartseer.
9 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


Haai jinne Ammie, wat kan ek se wat nie alreeds hier onder gese is nie?
Dis regtig n beautiful gedig.
9 jaar 6 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


kosbaar vir my om weg te pak.
a.
9 jaar 6 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


ook n asemteug maak seer
Dis awesome ,jy is vrek goed.

Gideon
9 jaar 6 maande 1 week 2 dae 19 ure oud


ook n asemteug maak seer
Dis awesome ,jy is vrek goed.

Gideon
9 jaar 6 maande 1 week 2 dae 19 ure oud


tussen MCE en Ammiemoon se pyn en seer gedigte is ek nou geinspireerd om ook weer bietjie oor die agterkant van die muntstuk te skryf

amper het julle ons toegelaat om te vergeet van die seer...
maar nou nie meer.
9 jaar 6 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


'blaas half-long-mis oor my skouerblaaie'
---Pragtig

'waar swartmossels knoets in trosse
want hulle weet van kleef aan dit
wat jou laat leef'.
---Lieflik besonders


9 jaar 6 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


Een van jou heelmooistes!! Lieflik geskryf Ammiemoon!
9 jaar 6 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


Soms voel iets wat mooi is verlore, maar hou vas moenie los. Mooi gedig
9 jaar 6 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


ai..daar doen j dit weer...skilder met woorde soos net jy kan.

Hierdie is uitsonderlik:
Malgasse knik diepverstaan
en waggel-sleep drie tree saam
asof hulle my self wil vra hoekom
jou vingerdrukke nog my hals tooi,
hoekom ek hartafwesig gebreekte skulpe
in vlak branders gooi.

&

Met elke tree word ek meer eensaam
as 'n tree tevore,
raak ek verlore in die skadukant van rotse
waar swartmossels knoets in trosse
want hulle weet van kleef aan dit
wat jou laat leef.



9 jaar 6 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


Nostalgies, seer, sad en baie mooi.
waar swartmossels knoets in trosse
want hulle weet van kleef aan dit
wat jou laat leef.

Dis vir my besonder treffend.
Groete
9 jaar 6 maande 1 week 3 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar