Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die wind waai stormsterk
los sand oor die strand
slurp-slurp die see met
sy lang tong en lek
growwe sout van die bodem af

Die branders gryp
met uitgestrekte arms
na die lug daarbo
'n vashou moenie my los gevoel
na hierdie ongekende liefde
wat bo-oor alles sweef

Met 'n geraas en geskuif
bars die hemel oop
en in 'n gloed van vuur
word die son ingesluk
dit lyk of 'n massiewe stofsuier
al die wolke opsuig

Spoeg die branders
ontstuimig oophang-bek
die visse in 'n boog uit
voel ek in hierdie spieӫlbeeld
hoe die refleksie van waarheid
oor die aarde buig






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bek
Staande applous vir jou Suzette
4 jaar 11 maande 4 dae 2 ure oud


bek
Baie goeie woordgebruik.
4 jaar 11 maande 4 dae 15 ure oud


oophang bek
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 11 maande 4 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar