Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die wete skielik, fluit-fluit,
jou storie is nou oor en uit,
die ouderdom het jou gevang
en oor die biltongdraad gehang.

Wonder waaroor was dit alles,
sien hoe klein die eindgetal is,
besef hoe min jy van belang is,
weet waarom jy tans so bang is.

Die rol is amper klaar gespeel,
hoogtyd dat die boedel deel,
hoelank nog voor eterwalm,
kateter en die eindpsalm?

Jy was toe nie so oulik nie
en ook nie so aanskoulik nie
maar ‘n blaartjie in die wind
wie se voet geen holte vind.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Aber nein!
Soo min was dit ook weer nie.
JOU WEES, JOU DAARWEES, JOU NABYWEES -- JOU WESE -- het die mense om jou getref, en 'n iets het afgevryf. Soos hier by my nou.
Dankie.
GvT
5 jaar 4 dae oud


Oor en uit
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
5 jaar 1 week 1 dag 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar