Gedigte

Titel: Oordenking
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In wind wat sug
soos asem
word jare oud -
spatsels lig knipoog
tussen arms van bome
waar skadu’s stil herinnerings word.
Jy het altyd gesê:
Drink diep uit die bakhand
wat leef jou bied
en ons het, my lief,
ons het.


© C. Potgieter 2013-09-23



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sjoe!
Sjoe! Sjoe! Hier het ek nie woorde nie...dis net ontsettend mooi en diep gesê. Dankie. Amen.
6 jaar 6 maande 1 week 10 ure oud


Oordenking
Oe dis so sag en mooi.

drink diep uit die bakhand - pragtig
6 jaar 6 maande 1 week 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar