Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanaand hang die smak pannekoekmaan
so naby
ek kan kaneelsuiker daaroor strooi
En anderkant die kniklanterns van Enigstelaan
bloos Jupiter tot oor-sy-ore rooi
as hy flikkers vir my gooi


Onthou jy


ons kalwerliefde
op ouma Ralie se lappieskombers?
Met my kop op jou Tarzanbors
Salomo jy, 'n Hoogliedvers
Niks lekkerder vir my
as om in jou plaasbruin arm te le
en spoetniks soek
So tussendeur die geur van Rum&Maple
as jou oe se, ek's al wat jy wil he


My vingers streelkam
deur die krulletjies in jou nek
Stoute-moedswilligheid ontvlam
as ek een vir een borshaartjie trek
Met 'n eina meisiemens!
nou gaan jy boet
Smoor jy my wegkoeslag
met opeislippe


Oorgretig soet
smaak
die liefde




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oh wow ... ek is mal hieroor
7 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud


Smaak
Liewe land ja, 'n smaakvolle skrywe. Ek stem saam met Charmaine....ek vind jou gedigte BAIE kreatief...dis sommer lekker om sulke werk te lees
7 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 9 ure oud


Oorgretigheid
Baie goed gebeeld en aanmekaargesit. Die middelste deel lyk dan tot vir my na 'n koppie op 'n piering.... Koffie en pannekoek..
Die laaste deel soos 'n hart.
Die maan en onthougedagtes.
7 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud


***
Dit is hoendervleismooi!!!! Jy is so kreatief, pragtige vars nuwe beelde in hierdie gedig!! LIEFLIK!!
7 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


kommentaar
Sjoe! Ek moet net pasop dat my rekenaarskerm nie aan die brandslaan! Smeulend, eroties! Mooi!
7 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar