Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As weerlig so in die agtergrond dreun
sy eie unieke angstigheid oor aarde wek
wanneer mens en dier regmaak vir die aankoms
voorberei
soos 'n gasvrou in afwagting reën groetend verwelkom
met ’n kelkie sjerrie en warm geselligheid
buite raas natuur musiek en disco ligte
opgewonde oor die aand se beloning
elkeen veilig weggekruip in eie kaia
tuis om gekookte maaltyd en kers
snoesig toegedraai in geurigheid en liefde

Maar, as die reënbuie jou alleen betrap
en vaskeer in jou nou-plafon gemoed
stormwinde rondom jou verwoesting saai
sal jou wyn na asyn smaak
jou gedagtes sal in verlede delf
teder grafte met jou blote vingers oop grawe
duisternis, verlange en haat
eie gewete sal jou verteer tot versadigdheid
jou siel aborteer en veras
Godsweë - eerder vir droogte wens

Een wêreld
een tuiste
een lang tafel

oorkant bevind ek myself in twyfel en alleenheid
selfs in nasmaak van teleurstelling
stom
versteende verbasing en wonder
elkeen in sy eie wêreld
onder een sambreel
Ek in die donker
jy onder kerslig
met klowe tussen ons

Sit en verlang ek na ons liefde
oorkant jou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Puikwerk.
Sjoe dit ruk mens se hart!
6 jaar 10 maande 4 weke 6 ure oud


Oorkant jou
Dis asemrowend mooi*
7 jaar 5 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


van net oorkant
sien ek n spieëlbeeld
wat nie joune
of selfs nie myne is
en tas ek na bekende jy
vat ek deur die hologram

'n bekende dilemma uitstekend deur jou beskryf. Was self al daar. Sou dit graag soos jy wou verwoord.
7 jaar 7 maande 1 uur oud


skadu's
van uit die skadu kyk en kyk ek weer...
my hart gevang in die selfde web.
rou lê die wond na drie jaar se seer...
in my hande die liefdes roos verlep.

puik werk my maat!
7 jaar 10 maande 4 weke 1 uur oud


AC
Baie goed - hou daarvan.
7 jaar 11 maande 1 dag 14 ure oud


Oorkant jou
Sjoe, dis 'n puik stuk werk! Well done!
7 jaar 11 maande 3 dae 10 ure oud


Oorkant jou
Fantasties uitgebeeld ! Hartseer maar baie mooi AC.
7 jaar 11 maande 4 dae 4 ure oud


Oorkant jou
Goed geskryf AC veral die derde strofe was vir my puik.
7 jaar 11 maande 4 dae 5 ure oud


Oorkant Jou
baie mooi gedoen my vriend
7 jaar 11 maande 5 dae 7 ure oud


oorkant jou
diep....en seer
7 jaar 11 maande 1 week 3 ure oud


oorkant jou...
Dis ongelooflik goed gedoen... :)
7 jaar 11 maande 1 week 5 ure oud


oorkant
Goeie stukkie werk -- laaste twee strofes uitstekend.
7 jaar 11 maande 1 week 5 ure oud


Lank weg..
en ek stem...teruggekom met'n meesterstuk. Welkom op woes!!!
7 jaar 11 maande 1 week 6 ure oud


Mooi!
Al is ons in een wêreld, een tuiste en het ons saam een lang tafel, is daardie tafel lank genoeg sodat ons verwyderd van mekaar leef. Goeie beeld - slim uitgedink.
7 jaar 11 maande 1 week 7 ure oud


Oorkant jou
Werklik pragtig geskryf, AC.
7 jaar 11 maande 1 week 10 ure oud


kommentaar
Ek is gaande oor '' jou nou-plafon gemoed ''
Treffer slotstrofe !

groete
Ammie Moon
7 jaar 11 maande 1 week 14 ure oud


Alleen betrap
AC, jy het jouself oortref met hierdie werk. Dit is sielvol, beeld-vol en seer-vol geskryf!
"teder grafte met jou blote vingers oop grawe" ....WOW!
7 jaar 11 maande 1 week 16 ure oud


AC
@Raqia
Raqia, baie dankie vir die raad. Ek herstel dit gou.
7 jaar 11 maande 1 week 18 ure oud


AC


. . . . dis 'n MEESTERSTUK!

as ek mag kritiseer?

sou ek 'cherry' = 'kersie' eerder 'sjerrie' = sherry' maak;

kersie is 'n vrug en sjerrie is 'n gefortifiseerde Spaanse wyn. en het twee verskillende betekenisse, mits ek jou verkeerd verstaan?. . . . maar jy skryf wel dat wyn word asyn. Dis seker net 'n glips??

TWEEDENS

sou ek ontslae raak van die die's.

Jy het 6 die s in die eerste strofe, en perfek weggelaat in die res. Die weglating van die gee die strofe 'n meer digterlike en onvoorspelbare 'ambience' anders is dit werklik puik en ek komplimenteer jou, welgedaan.

miskien sou ek ook die homself weglaat



7 jaar 11 maande 1 week 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar