Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



moet my net nie weer daar
opneem nie asseblief
die nagstaf se tonge is lemme wat my
keel en hart moer toe
sny

swaelsuur vreet roekeloos
ek wil hardloop
tog staan en flirteer ek met Gomorra se
aangesig soos voëls wat duiselig die
donker gragte van ’n godverlate
woonbuurt beset

ek onderneem om die siele van
bouvallige liggame te
beswadder

en suig al die pad vloekend aan die
drietiet gedrog se
arseen-speen

dit is
goed
ryk
ongesond
glorieloos en
suf




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oorwinningslied
absoluut PUIK!!!!

... ek wil hardloop
tog staan en flirteer ek met Gomorra se
aangesig soos voëls wat duiselig die
donker gragte van ’n godverlate
woonbuurt beset....
4 jaar 3 maande 6 dae 2 ure oud


...
Hmmmm ...
Ek't vergeet hoe vrugbaar jou pen is ...
Like't kwaai ...
Heavy goed gegal ...
4 jaar 3 maande 6 dae 3 ure oud


oorwinningslied
puik puik puik!!!
het sommer hoendervleis :)
4 jaar 3 maande 6 dae 4 ure oud


oorwinningslied
Hou van die teenstrydigheid in jou slot, dit skets boekdele.
4 jaar 3 maande 6 dae 5 ure oud


oorwinningslied
Liewe magtig, uitstaande werk, verskriklike beeldspraak, jy skryf baie goed, defnitief.
4 jaar 3 maande 6 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar