Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op daardie dag
toe ons nog kinders was,
het ons die rooigrond platgetrap
daar waar almal stil en somber wag
Op enig ander dag
sou ons wou speel en lag,
Maar nie op daardie dag
                                         
Op daardie dag                             
het vingers in swart handskoentjies
vir ons gewaai soos rare vlindertjies,
maar ons was ingesluk
deur 'n monster van verdriet
Op enig ander dag
sou ons wou spring en lag,
Maar nie op daardie dag

Op daardie dag
het die tortels skor gekoer
die hoë bome hul skadu’s wyd gedek,
maar al wat saak sou maak
was waar die ewigheid vir jou lê wag
in daardie diep en donker gat
Op enig ander dag
sou ons wou dans en lag,
Maar nie op daardie dag

Want Ma, op daardie dag
toe ons nog kinders was
en ons jou weg moes bêre
in die rooigrond van die aarde,
is ons lewens nes ons drome
versplinterd in 'n duisend skerwe
Ma, op enig ander dag
sou ons wou juig en lag
Maar nie op daardie dag



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Goeie werk
treffend geskryf, vasgevang
die rooi grond, daardie dag
7 jaar 11 maande 4 weke 1 dag 23 ure oud


Ek weet nou
wat my so vasvang. Dis daardie ingebore vreugde en vrede van kinders wat soms deur die lewe vir 'n oomblik gevries word! En word dit te veel so vasgevries, sukkel ons soms as grootmense om dit weer te laat ontdooi. Dankie weereens!
8 jaar 2 dae 16 ure oud


Girlie
Hierdie is vir my ONGELOOFLIK goed en ek gaan dit nog baie lees! Dit praat met my hart en gees.
8 jaar 2 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar