Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hier, waar ek my neerlê
op die bodem van jou hart
Klop rou seer melodiee
snikkende letsels
uit jou smart

Van lank vergete gisters
deur die oe van ‘n kind
Wat sy skaam en skugter woorde
in sy trane
moes verdrink

Sing vir my jou liedjie
as dit stil word in die nag
Tot die trane teen jou wange
verteer in ‘n glimlag
Tot al die wegsteek kiekies
opgeskeur in wit en swart
Verkrummel teen die woorde
hier op die bodem van jou hart…

~©KVDM
http://kvdm-writings-com.webs.com/




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Op die bodem van jou hart
Sjoe, n diep gedig al die seer van die gisters wat in die hart se begrafplaas begrawe le en al wat nou oorgebly het is die koue grafsteen.
7 jaar 7 maande 4 weke 13 ure oud


Sjoe
Werklik 'n pragtige gedig! Ek is mal oor die ritme!
7 jaar 8 maande 1 week 4 dae 3 ure oud


Lieflik!
Soveel deernis!
7 jaar 8 maande 1 week 6 dae 11 ure oud


Met trane in my oë...
Hierdie pragtige diep-seer gedig ruk mens onwillekeurig aan die hart. Puik geskryf!
7 jaar 8 maande 1 week 6 dae 17 ure oud


...
Kan 'n mens inleef.
7 jaar 8 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


...Net absoluut mooi...Ek het skielik nie woorde, buiten om te sê, uitsonderlik mooi.
7 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


Bodem
Wow! Baie besonders. Hou van die ritma en rym. Puik!
7 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 18 ure oud


Bodem
Mooie vers. Dit geniet dankie.
7 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


bodem van jou hart
Besonders!
7 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud


Bodem van jou hart.
elke enkele sin...elke een het betekenis

baie mooi

Bosgroete
7 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 14 ure oud


Op die bodem van jou hart
Soos gewoonlik: Baie mooi! Ek hou veral van:
"Tot al die wegsteek kiekies
opgeskeur in wit en swart"
As ons maar net kan leer om betyds op te skeur...
7 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud


Mooi
baie mooi!
7 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


ran page
amai sjoe wat een baie baie mooi einde in hierdie gedig:-)

jah, seer graag gelees!!

greetz en geniet jou woensdag

enrico
7 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


Oe...
dis hoe troos moet klink! Ek mis jou hier...
7 jaar 8 maande 2 weke 5 dae oud


Bodem ...
Hierdie is vir my baie mooi ... sommer 'n gunsteling.
7 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud


Ita
verlange
van lank vergete gisters...dis so mooi! Pragtige beelde en atmosfeer skepping!
7 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud


So mooi ...
Ek het hierdie pragtige gedig van jou 'n paar maal deurgelees en elke slag iets nuuts gevind - hartseer, verlange, weemoed ... en sieldiep herinneringe.
7 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar