Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toom in hand,
ek's reg vir jou.
Vrees in my hart
toe ek jou anskou.

"Boerperd," het my Oom gese,
jy was maar bietjie klein.
Ek het my vrees gesluk
en ons het gaan stap in die tuin.

Ek was verlore
diep hier in my gees,
maar met al jou liefde
het jy my toegelaat om by jou te wees.

Jy't my gewys
wat 'Vryheid' werklik is.
Maar ek het steeds
selfvertroue vermis.

Eendag was ek op die plaas
en ek saal jou toe op,
jy was baie kalm
en so het ons gallop.

Ek het nie geweet wie ek is
of waarheen ek wil gaan,
ek het gevoel soos 'n baba-bok
wat alleen eenkant staan.

Maar jy het gekom,
gekom om my te haal.
Jy't met my alles gedeel,
al praat jy jou eie taal.

Ek het glad nie gedink daaraan
dat ons siele so kan bind,
maar op die rug van 'Vryheid'
het ek myself gevind.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar