Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe graag sou ek haar ‘n drukkie wou gee
goud om haar moederhart wou smee
haar voete met my trane wou was
my arms om haar skouers wou pas.

Hoe graag sou ek in haar oor wou fluister
en sy met liefde na my sou luister
oor al die verlangpyne in my hart
al my hartseer trane wat hier rond spat.

Hoe graag sou ek haar arms om my wou voel
haar vingers liggies deur my hare sou woel
my oor teen haar bors en haar hartklop hoor
in haar warmte sou’k myself verloor

Aan haar tweeling sussie:

Baie geluk liefste Ouma Reyn
jy word ouer soos goeie wyn
altyd die minlike self
wat diep in die hart in delf

Mag bygevoeg word in hierdie jare
liedjies in die hart met liefdessnare
vreugdesverse van vrede en geluk
van gesondheid en van rose gepluk
25 Januarie 2011



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Moeder
Dis is 'n ongelooflike teer en liefdevolle werk. Ek mis my Paps soos jy jou Mams. Dis 'n verlange wat nooit ooit sal weggaan nie - ook nie die hartseer nie. Pragtige werk.
5 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 2 ure oud


Z
Maak nie saak hoe lank terug die verhuising plaas gevind het nie, die verlange bly groot. Puik geskryf.
5 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 23 ure oud


Eina -mooi!
Ek voel die seer en verlange...met soveel passie die spieelbeeld vasgevang....sal ons altyd na ons geliefde Ouma verlang!!! xxx
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


--
Die gemis kan soms so groot en hartseer wees, en tog is daar ook die vreugde van nog 'n liefdes onthou verjaardag vol diep omgee woorde. Verruklik mooi, Alfie!
5 jaar 4 maande 3 dae oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar