Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

in die volmaan se straal
vind ek bekende verhaal
as hy skyn oor sekelmaanbaai
reik dan uit en vind jou hand
dans ons saam en tiekiedraai
tot smorens vroeg se hanekraai

soms halt ons by pad se vurk
waar ons dan saam-saam hurk
besluitloos soos koppige kind
wag ons daar op Skepper
om regte keuse vir ons te vind

saamdra woode in broeksak
wat liefde en omgee verklap
wattewieg op winde van tyd
skuld deur water weggeslyt
mag vanaand se lag jou vashou
as jy net mooi woorde onthou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Winde van tyd
Pragtige gedig met mooi boodskap.
6 jaar 5 maande 6 dae 19 ure oud


winde
Pragtig geskryf Elvina. ek sal nog bietjie op die wolke ry bygesit het
6 jaar 5 maande 1 week 5 ure oud


Ano
Winde
Dis so baie mooi. Veral omdat ons elkeen te dikwels voor 'n vurk in die pad te staan kom.
6 jaar 5 maande 1 week 11 ure oud


winde van tyd
dis is nou rym op sy beste , ek sukkel om rym woorde te soek en dit in 'n storie te plaas oulik
6 jaar 5 maande 1 week 13 ure oud


wind
sjoe dis nou mooi gepen.... hou van jou woordbeelde .. met die wulpse tiekiedraai!!!
6 jaar 5 maande 1 week 14 ure oud



LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar