Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Nag duisternis wyk
Aander duisternis aant blyk
Intimidasie – intimidasie getroue werkers van stryk

Jou huis sal brand
Jou kinders sal brand
Jou werksplek sal brand

Swart hond agter mensenek
Gevloek – Jou ma se.. - ek maak jou vrek
Weergalm mÔre silte se strek

Steek aan motorband - dit brand, brand, brand
Swart wierrook styg uit mense hand
Verbreek mens vertrouens band

Rots strate gepak
Geklap op voertuig dak
Steek jou brand – jys gezip in ‘n sak

Ruikende rubberbrand in reukorgane
Skares groei malende mal orkane
Skreeuend – geen meer onderdane

Toi toi oor dit wat ons wil hê
Daaroor het jy en jy en jy niks te sê
Of jy gee of nie gee ons kry ons wil hê - hê

Ons sal afbreek nie opbou
Ons sal alles vat - jy sal niks behou
Jy sal die swart hond dag berou en onthou

Dinge wat seermaak - haatspraak
Dinge oor verstand se meemaak
Dinge soos weerwraak

Haatspraak oor tyd opgebou
Sal nog lank onthou
Lank voor als herbou

Die son sak tussen wierook rooi
More gaan ons julle weer looi
More gaan ons julle met groter klippe gooi



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

jip
dis nes jy daar sê.
6 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar