Gedigte

Titel: Optraand
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met sy lang sterk vingers
krap die wind my hare deurmekaar,
die son rus neer op my skouers
en drink die sweet waarme my liggaam terug baklei.

Die pad vorentoe is steil,
die optraand druk my terug
in die rigting waar ek vandaan kom,
my longe sukkel om hulself te vul
met die atmosfeer wat my omsingel.

Waarheen is ek oppad?
Waarheen gaan die pad wat gevul is
met klippe, dorings en stokke?
Wat doen ek as ek daar aankom?

Ek voel hoe die rasper in my keel
baklei teen die tempo van my longe,
die bult is naby, maar nie naby genoeg nie,
ek baklei teen die optraand,
ek baklei teen die son.

My vel is geskeur,
die bloed bekruip my enkels van alle rigtings af;
Wat maak ek hier?
Waarheen is ek oppad?
Wat gaan ek doen as ek daar aankom?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wat doen ek as ek daar aankom?

Hierdie gedig het my lank besig gehou met allerhande beelde wat bly deur my kop flits.

Ek kan soveel konnotasies aan hierdie gedig koppel! Een daarvan laat my dink aan die kruistog of 'n kruisvaart.
Hoe sal ek dit hanteer as ek daar aankom?

Pragtig geskryf.
Groetnis,
PM
12 jaar 14 ure oud


Optraand
Nie alleen beskryf jy die fisiese reis pragtig nie, dit is ook simbolies van ons lewensreis. Jy neem my gedagtes op ver paaie. Dankie, dis goed gedoen en ek het dit geniet.
12 jaar 2 weke 1 dag 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar