Gedigte

Titel: Orpen Dam
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Orpen orpen mooiste dam
jy bring verlange in my hart
Vreugde, vryheid is jou taal
smart en leed, my moed gevaal

Jy fluister saggies op die wind
daar onder waar die water rus
Lig my gees en neem my weg
skoon natuur, so kuis, so eg

Arends kind wie roep jy so?
jou lied so melankolies mooi
Die wereld, lewe, tyd en geld
my sonde voor die Heer vermeld

Lig my siel op vrye vlerk
onder helder sonne straal
Ope landskap, swart gebrand
my hart se punt, aan elke kant

Orpen orpen mooiste dam
as ek maar net vir altyd kon
wegraak in jou vryheids vloed
Wildtuin kind, my gees gevoed



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Orpen
wow, jy skets idiemooiste woordskiledry met hierdie pragtige gedig.. puik!!!
6 jaar 5 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


Orpen Dam
Dis baie mooi.
6 jaar 5 maande 3 weke 1 uur oud


Orpen Dam

Baie goeie beeldspraak en oorspronklik.

Ek hou hiervan.
6 jaar 5 maande 3 weke 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar