Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



kragtige wind struktureer hemelwaarts
sonstrale word op pieke weerkaats
met skuimende, bollende massa
tol jy om en om en om
tot waar jy kalm aan jou einde kom

skewe voortjies trek deur poele
saggies teen sywaarts krappie bots
met jou bruin speeksel skuim
teen rotse lek en klots

ritmiese karteling
asof met skilder se hand
lê jou speeksel
van wrakstuk, seewier - en skulpe op die sand

verskeie skip met kosbaar skat
verorber, geknak, gebreek
dan sonder moeite
oorblyfsels
in jou buikbodem versteek

met ‘n horison ontoereikend
wasig, misterieus
word jy deur menig’ bewonder
maar tog ook gevrees



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

oseaan
staande applous vir hierdie een.. absoluut PUIK woordbeelde gebruik!!!
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 15 ure oud


oseaan
Die een is baie mooi geskryf, Elvina. Ja...ek dink ons bewonder en vrees die oseaan terselfdertyd...
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 1 uur oud


oseaan
met ‘n horison ontoereikend
wasig, misterieus
word jy deur menig’ bewonder
maar tog ook gevrees

pragtige einde vir 'n mooi gedig.
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 3 ure oud


oseaan
klap klap klap staande toejuiging vir jou
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 10 ure oud


Oseaan
Jou woorde voer mens mee ... soos die getye. PUIK!!!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


Ano
Oseaan
Ek het 'n vakansie nodig - al is dit net om te gaan kyk of die see steeds so lyk soos jy dit beskryf :-))
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 15 ure oud


.
Sjoe hierdie is 'n mooi gedig. Ek voel sommer die ritme soos ek lees, voorentoe, agtertoe ... ek sien die uitspoegsels op die strand ... ek tel sommer so paar stukkies op wat vir my baie mooi is!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar