Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geroeste kan dof, met duike, omgeskop
Eens blink en skoongeskrop

Vir jou kinders nou net nog ‘n vae herinnering
van wat jy eens vir hul kon bring

Vir jou soos nou toe jy daar staan met blinkgefryfde lyf
vol warm wit melk en skuim wat bo-op dryf

Jy so geliefd en so gesog,
jy gee en gee en die kinders vra nog

Soos ‘n moeder omring deur haar kroos,
wat hul in haar spieël en sy hul liefkoos

Kinders wat taai handjies uitsteek om nog te vra
merkies en patroontjies op jou blink lyf oordra

In hul slap babalyfies het jy spiere gebou
wat fris beentjies vas op die aarde kon hou

Maar nou het hulle weggegaan
Jou weggegooi net daar laat staan

Jou kinders het verdwyn in grootmenslywe wat niks meer van jou vra
Wat meer hou van boksiemelk en kitskoffie met Cremora

Jy met jou dowwe lyf is nou lomp en oorbodig
Lankal nie meer vir hul nodig

Eintlik is jy onvanpas en uitgedien
Kry hul skaam om jou so te sien?

Stukkend en afgekraak niks maak meer saak
Net goed genoeg om in nes te maak

Krom, kriewelrige spinnekoppootjies 
maak nou die merkies en patroontjies

Jy vasgepen in 'n spinnekopweb wat nouer om jou sluit
sien druppels water sonder ophou spat teen die vuil ruit

Voel hoe die stroompies water hul eie paadjies kerf
en stofstrepe oor jou dowwe lyf verf

Roesgate wat groter word met die tyd
Ou offerkan weggesmyt

Vuil-roes water sypel uit oopgevrete gate
Maar jy aanvaar dit maar gelate

Jy is nou vir niks anders goed
as om honger onkruid te bly voed

Jy hou nou nog net vuil modderwater
Veraf hoor jy kinders lag en skater

Net soms voel jy nog teen jou dowwe lyf
die sagte roering van ‘n stinkblaar vryf



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

offerkan
Net soms voel jy nog teen jou dowwe lyf
die sagte roering van ‘n stinkblaar vryf

Hou hiervan. Goed gepen
4 jaar 11 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


ou offerkan
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 11 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


Ou offerkan
"Jy is nou vir niks anders goed
as om honger onkruid te bly voed"

Hou hiervan.
4 jaar 11 maande 1 week 4 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar