Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geroeste kan dof met duike, omgeskop.
Eens, was ek blink en skoongeskrop.
Vir my kinders nou net nog ‘n vae herinnering
van wat ek vir hul kon bring.
Vir my soos nou, toe ek daar staan met my blinkgefryfde lyf,
vol warm wit melk en skuim wat bo-op dryf.
Ék so geliefd en so gesog
gee en gee en die kinders vra nog.
Soos ‘n moeder omring deur haar kroos,
wat hul in haar spieël en sy, hul liefkoos.
Kinders wat taai handjies uitsteek om nog te vra
merkies en patroontjies op my blinklyf oordra.
In hul slap babalyfies het ek spiere gebou,
wat fris beentjies vas op die aarde kon hou.

Maar nou, het hulle weggegaan,
my weggegooi, net daar laat staan.
My kinders het verdwyn in grootmenslywe wat niks meer van mý vra.
Wat meer hou van boksiemelk en kitskoffie met Cremora.
Ek met jou dowwe lyf is nou lomp en oorbodig,
lankal nie meer vir hul nodig.
Eintlik is ek nou onvanpas en uitgedien.
Kry hul skaam om my so met my letsels te sien?
Ek vasgepen in ‘n spinnekopweb, wat al nouer om my sluit,
sien hoe reëndruppels aanhoudend spat teen die dowwe ruit.
Stukkend en afgekraak niks maak meer saak.
Net goed genoeg vir spinnekoppe om in nes te maak.
Roesgate wat groter word met die tyd,
ék, ou offerkan weggesmyt.
Vuil-roes water sypel deur my oopgevrete roesgate,
ek aanvaar dit maar gelate.
Ek is nou vir niks anders goed,
as om honger onkruid te bly voed.
Hou nou nog net vuil modderwater.
Net veraf hoor ek kinders lag en skater.
Net soms voel ek nog teen my dowwe lyf die sagte roering van ‘n stinkblaar vryf.
Krom spinnekoppootjies maak nou merkies en patroontjies op my dowwe lyf
© 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar