Gedigte

Titel: Ouersmart
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vlymskerp
die dolk in my hart
soos 'n rooiwarm els
priem dit deur my brein

My kind!
my kind!

My God
waarom my kind??????

Hoekom Here?
Waarom?

My hart is stukkend
ek, leeg gehuil
net die snikke
wat onbeheersd
deur my liggaam skeur.

My God, My God
wees hom genadig
en haal U hom deur.

Tans in I.C.U is hy
Asseblief my Vader
praat U met hom
bring hom terug
gee hom nog 'n kans
Asseblief Here
maak hom vry.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Smart
Ek is ver agter met my leeswerk en het geen idee wat met Dave aan die gang is nie. Al wat ek verseker weet is dat die naam van Jesus groter is as watookal siekte hy het. Daarom beveel ek die bloed van Jesus oor hom! Daarteen is die vyand beslis nie opgewasse nie!
3 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 21 ure oud


Ouersmart
Julle is in ons gebede, Jan. Sterkte ...
3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


Ouersmart
Eendrag in gebed maak alles moontlik.
3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


***
Ek huil saam, Jan. Julle is in my gedgates. Sterkte!
3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 23 ure oud


Ouersmart
Geen groter smart as dit. Mag die Here jul genadig wees en jou kind spaar. Baie, baie sterkte
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 4 ure oud


Ano
Ouersmart
Ai Jan, hoe dan nou? Ons bid saam met julle vir beterskap. xoox
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


smart
Ons bid saam, Jan. Baie sterkte vir julle.
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


Genadige Vader . . .
hoor en verhoor Jan en Helmien se gebed.

AMEN
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


kind
Pragtige smeekgebd van n ouer wat na bo pleit Sterkte vir julle Jan ons bid vir julle
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar