Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Wie ken die grouheid van jóú eensaamheid?
Of: Watter mense-oog kan dieper kyk,
kan sien hoe droog jou jare veldlangs wyk
langs polgevreet-gereisde ledigheid
met wonderbare liefde in jou hart
nóóit aangeraak?

 Seer, o, só seer die smart
van liefde onbeantwoord wat bly kleef
so lank jy gis bestaan om net te leef…

(Teen skurwe rantjies het jy opgegroei.
Met maatjies saam huis-huis en pop gespeel.
Selfs simpel-klein-geheimpies uitgedeel
as wintertonge om die huise loei!)

En nou...?
Jy het vergeet
deur ouderdom
wat bult-af
met verlange kom…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oujongnooi (72)
Die verlange na 'n lewensmaat wat nooit opgedaag het nie.
4 jaar 10 maande 3 weke 21 ure oud


Ou
Ai man...ai jinne tog hoe kramp my hart vir hierdie mens! Wonderlike gedig!!
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 1 uur oud


oujongnooi
Liefg jou eerste strofe!!
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud


Oujongnooi
Ek dink ons almal droom maar van 'n lewensmaat en as daardie droom nie vervul word nie bly daar 'n leemte. Dit is goed dat jy aan die alleen lopers ook dink.
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud


Oujongnooi
Baie goed geskryf.
Dit spreek baie tot my as oujongkêrel, ek het egter maar kennetjie en karretjies gespeel instede.
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 7 ure oud


nooi
Hoe sal ons ooit weet wat in haar hart omgaan? Maar ek kan my dit goed voorstel en jou gedig vat aan my hart. Veral as mens daaraan dink hoe sy ook maar huis-huis gespeel het toe sy klein was. Baie goed geskryf :-)
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud



KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar