Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ouma...
As ek by ouma se deur in stap onthou ek
Die reuk van koekies en wil sommer my lippe af lek
As ek langs ouma kom sit onthou ek
Ouma se sagte parfuum reuk, dan wil ek ouma se sagte lyfie sommer op druk

As ek in ouma se oë in kyk onthou ek
Die sagte liefdevolle lig wat na my kyk
As ek na ouma luister onthou ek
Al die stories van helde en heldinne van toeka se tyd

As ek na ouma se hande kyk onthou ek
Die brood bak, koekies bak, naaldwerk en vloere was
Asook die gehekelde kombersie daar bo in my kas
My ouma kon als doen wil ek vir almal vertel in my klas

Vandag wat ouma hier by my sit
Onthou ek hoe ons altyd kamma-kamma speel
Dis feetjies en kabouters met ‘n groot kasteel
Konserte en kersfees stories, soveel dinge wat ek met ouma deel

Dit als laat my onthou hoe lief ek vir ouma is
My ouma is die beste en ‘n geskenk van bo
Dankie vir al ouma se sweeties en drukkies
Ek sal geen ander ouma ooit verkies


Oupa...
Onthou oupa nog die hout pertjie
En die duifie wat ons gered het met die af vlerkie
Daardie kere wat ons so lekker kaarte speel
En ook die vis vang stories wat oupa altyd met my deel

Onthou oupa die kaskar wat oupa vir my gemaak het
En die harde val wat my laat hik het
Ook die fiets wat oupa my leer ry het
Om nie te praat van die kettie wat ek by oupa gekry het

So baie lekker dinge het ek en oupa al saam gedoen
‘n Leeftyd se herhinneringe wat ons saam versoen
Vandag is juis weer een van daardie spesiale dae
Wat ons saam konsert hou hier in die groot saal

Dis lekker om oupa vandag hier te hê
Dis juis hoekom ek dan ook sommer vandag wil sê
Oupa is die beste, Oupa het so baie vir my gedoen
Ek is baie lief vir oupa en mag ons nog baie ander dinge saam doen


Gelukkige Ouma en Oupa dag

*Geskryf vir 'n vriendin by my werk se dogtertjie met haar ouma en oupa dag by die skool*



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

al te pragtig, die ouma en oupa onthou, dit moet `n belewenis wees om jou ouma en oupa saam skool toe te neem, lekker spogtyd en liefde tyd van `n kleinkind! mooi geskryf, hoendervleis lekker!
4 jaar 9 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


Dis nou baie mooi geskryf Sus, maak nie saak vir wie die gedig is nie, ek dink ons almal het dieselfde beleef.
4 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 11 ure oud


Hei Sussatjie, dit is tog te pragtig en ek het so lekker aan al die onthou goedjies gelees asof ek dit self met 'n wonderlike Ouma en Oupa gedeel het! Baie mooi geskryf mwa
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 3 ure oud


Ag so sweet! oupa's en ouma's bly maar die beste! Bly die dogtertjie het sulke oulike groot-ouers! Goed geskryf Pandora!
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 3 ure oud



Sonsoene

deur DMJR

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar