Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hallo Oupa...

Ons laaik jou kwaai
Jou hou mos, nes ons, van goeters wat lawaai

Slange en goggas, akkedisse, motors en trokke
Baie lekkerder as daai goeters by die skool met rokke

Hi Ouma...

Jou kos en soet goedjies
Baie lekkerder as ons juffrou se pouse koekies

Ouma, jou rooi goeters met pleisters
Maak alles beter, betterder as oom dokter met sy ding wat kyk of ons ore nog kan luister

Oupa, my pa sê jou hare is grys
Blykbaar van een of ander iets met wys

Ouma, Oupa sê jy laaik goggas en goeters onder jou kussing
Is dit hoekom jy gesê het ons moet met taai tonge in sy oor fluister?

Oupa, sorry vir al daai goeters wat ons laas gebreek het
Pa sê, as ons jou sê, gaan ons gate nie weet wat hul getref het

Ouma, sorry vir daai modder op jou mat
Taai sweets in jou bed en in jou bad

Soos van katjie botter en stroop na kaas en polonie op ons brood
So sê ma, word ons groot

Soos ‘n soen op die bek voor die skool se hek
Wat verander na ‘n vryf op die kuif as die girls kyk

Word ons groot… maar een ding bly dieselfde

Ons verstaan nie altyd die groot-mens goed wat julle vir ons sê
Maar ons weet, dis lekker om ‘n oupa en ouma soos julle te hê



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oupa en Ouma
Hi Werner, Dankie vir die mooi ene. Ek het 'n baie sagte plekkie vir ou mense en hierdie gedig lê my na aan die hart! Dankie ook vir jou kuier op my blad en mooi kommentaar. Wardeer dit baie. Lekker skryf ou maat.
9 jaar 6 maande 5 dae 10 ure oud


Oupa en Ouma
Hi Werner, my vrou sê dit is 'n baie kostelike gedig vol waarhede soos net klein kinders dit kan stel. Sulke groot ouers glo ons is uiters geseënd om so 'n spesiale plek in klein kinders se lewe te kan hê.
Baie groete
9 jaar 6 maande 6 dae 10 ure oud


het die ene net so baie geniet
9 jaar 6 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


Ouma en Oupa
Groot genot hierdie gediggie van jou. Ek het dit werklik geniet.
9 jaar 6 maande 1 week 3 dae 10 ure oud


Kleingoed
Deon ek kan raai dat dit jou spruite is wat so lief vir oupa en ouma is - baie pittig en tog ook so realisties.

Myne het nie die voorreg gehad om vir oupa en ouma te ken nie - ek moes maar vir hulle vertel - kyk maar by lyns as jy so voel
9 jaar 6 maande 1 week 6 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Maalkolk

    deur Rachelle du Bois

    Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar