Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Overberg ek’s verlief op jou
dis waarom ek van jou hou

Over het berg is goudbruin
Ruéns is vol dale en weer kruin
boere se trekkers werk deur die nag
jy sien net ligte op lande elke slag
boere lande is vol graan gesaai
nou sit hulle en wag om te maai
maar nee wag tog nie so gou
graan moet eers sterkte opbou

Overberg ek verlang na jou
dis waarom ek van jou hou

Gebid gevra vir reën vooruit
dankie Vader graan is groen aan opkom
daar word allerhande stowwe gespuit
vir dit wat keer die graan laat omkom

Lande verander na helder robot groen
waar son en reën die aarde liefderyk soen
eentonig vaal word omtower na lappieskombers
waarom... waarom tog skryf ek die vers

Overberg ek gee so baie om en gebore in jou
grootgeword op Donkerhoek daarom hou ek van jou

Helder lappies kanola geel
wat die oog tussen groen streel
lande vol lig groen graan
wat lyfhoog in die aar staan
wat branders maak as die windjie waai
gou is dit geelryp en tyd vir maai
oesmasjiene werk met ligte tot laatnag
so word elke oesdag seisoen ingewag

Here hemel Vader ek’s nog liewer vir jou
Jy help my vergewe dis waarom ek van jou hou

As jy nie saai nie
sal die reën nie kom nie
sal jy nie ‘n lappieskombers sien nie
sal die lewe nie kaleidoskoop kleure wees nie
sal die lewe nie van vaal na reënboog groen omtower nie
daarom moet ons aanhou uithou en nooit ophou saai nie
om saaiers van die woord vir God te wees nie.

# Die Overberg se naam is ontleen uit hooghollands nl. Over het bergn wat beteken dat dit die gedeelte is net oor die Hottentots Holland bergreeks wat die Kaapse vlakte skei van die binneland, die Overberg of te wel Over het berg.

# Ruens het sy naam te danke aan die heuwels waarop die graanlande uitgelên is en wat soos rue oor die Overberg se landskap versprei is.

# Donkerhoek is ons pragtige ou familieplaas van geslagte waar ek grootgeword het en wat in 1972 deur die destydse apartheid regering nl. Min Schoeman en staatspresident Vorster onteien is vir ‘n appel en ‘n ei en waarvan die opstal en reuse akkerbome vandag verwaarloos en die bome dood en omlê en vandag die Helderstroom gevangenis is. Die regter het self gesê dat as die staat iets neem van ‘n privaat individu sonder om hom genoegsaam uit die gemene staatskas te vergoed is hy ‘n rower en ‘n dief. Gelukkig het God nie geslaap nie, nee Hy slaap nooit. Dit kan nooit ooit goed gaan op ‘n plek of regering of instansie wat iets so verkry nie. Laat dit ook ‘n uitspraak en les wees vir enige regering wat grond van ‘n privaat individu wil steel. Amen.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

OVERBERG - OVER HET BERG
'n Gedig gewortel in liefde vir die tradisionele, verbittering oor verraad en uiteindelike berusting in die geloof dat God wakker is oor onreg. Maar dan ook die besef, die wete van verpligting om God se opdrag -om die Woord te saai- te eerbiedig en uit te voer!

(Hierdie versie gryp my aan die hart want ek hoor die wroeging in die laaste reel!

"...Lande verander na helder robot groen
waar son en reën die aarde liefderyk soen
eentonig vaal word omtower na lappieskombers
waarom... waarom tog skryf ek die vers...")
4 jaar 2 maande 3 dae 6 ure oud


Overberg
die mooiste woordskildery met n treffer slot vers!
4 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


over het berg
Dis so mooi om te lees wanneer iemand skryf oor iets wat hom/haar na aan die hart lê :-) Ek verstaan ook nie waarom regerings produktiewe grond onteien nie, só asof iemand net sy vinger op die kaart gedruk het en besluit het dat die tronk DAAR gebou moes word en klaar. Na al hierdie jare kan mens nog steeds sien hoe seer dit jou gemaak het:-)
4 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


Ano
Overberg
Dit is so bitter jammer van Donkerhoek. Elke hond kry 'n dag, en 'n brak sommer 'n naweek. Wonder waar val die onteienaars?
4 jaar 2 maande 3 weke 6 dae oud


Dankie
Ek het self in die Overberg groot geword, baie mooi bydrae. Heimwee will n verskeining maak by my.
4 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


overberg
schatz dit is no n bydrae wat ek geniet het. hulle het nie net grond gsteel nie maar vanaf 1990 baie mense se werk ook methulle sogenaamde regstellende aksie
4 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


Overberg
Dankie vir hierdie baie mooi skrywe . . . ja, die wiel draai altyd, né?
4 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud



DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar