Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

2012 sterf in die uurglas se sand
Hier waar ek loop hand-in-hand
Afgeëts is ons voetspore
Kosbare oomblikke ewig verlore

In die dieptes van jou sielevensters is die gloed
Van al die gisters se geveg – vol moed.
Jou Nardusolie uit die liefdesfles
Sal my siel se dors les.

Was jou nagte koud en donker
Onder die sterrehemel - waar ek wonder
wat die gewig van jou kruis was?
Kon ek meer gedoen het aan jou las?

Hande wat geskep het die oseane so blou
En die pottebakkersklei na Sy Wil vou
Kon jy dit voel as stormwinde huil
Diep-diep in die vyand se kuil?

Onbekend lê nog die steiltes van 2013
Ver waar geen geestesoog kan sien
Jou hand in myne in God’s hand veilig
Sal ons skuil in ons huisie teen storms dig.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar