Gedigte

Titel: Pa
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek onthou my kleinwees tyd toe ek kon bangwees en jy
die donker met 'n paar klein woordjies kon verdryf.
Pa, ek onthou hoe jy met die swaai van jou hand my
op jou skouer kon lig en ek die wêreld soos 'n prinses
kon besit. Ek onthou die lag en ek onthou die huil,
maar tog het ek geweet dat ek altyd by jou kon skuil.
Jou lof en aanmoediging was min, so ook die woorde:
"Ek is lief vir jou my kind."
Net nooit goed genoeg in jou oë gevind.

Pa, ek onthou in my skooltyd was die prestasies maar yl
en die minderwaardigheid maar geil maar tog onthou ek
hoe het elke kleinkind sy plek in jou hart oopgeskop.
Almal kon die trots in jou sien nesskop.
Ek onthou die more wat ma nie wakker geword het nie
en jy verslae gesmag het na 'n laaste groet,
vir so lank kwaad was vir al die bittersoet.
Jy't ons vergeet en elke kleinkind afgeskeep met jou
soeke na die hoekoms en waaroms deurweef gegryp na
elke strooihalm en verder gedryf
in jou storm en wind se gewuif.

Maar pa, toe kom die dae wat jy sommer gou als vergeet
en jy al jou woorde partykeer so verkeerd om spreek.
Ek het al hierdie dinge vergeet,want ek weet jy was
net 'n aardse pa met baie dae se probeer sodat ek die
beste kon wees in 'n wêreld sonder genade en vol vrees.
Want sien ek onthou hierdie een ding, jy het my geleer
van 'n pa wat nooit sy woorde kan vergeet.
Nooit sy sinne verkeerd om spreek en nooit op 'n sterfbed
hoef te lê,maar wat altyd my belange op sy hart sal hê.
Net daarom wil ek jou salueer my aardse pa. Wil ek jou
eer, 'n onvolmaakte pa wat my kon voorstel aan 'n
volmaakte pa by wie jy nou rus na 'n lang aardse stryd
om aan my 'n goeie boek op my hart te skryf.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi
Dit was baie mooi!
8 jaar 10 maande 3 weke 20 ure oud


Pa
'n Baie goeie gedig vol emosie en goeie taalgebruik. 'n Gedig wat 'n mens se siel naak openbaar en nie almal het die "guts" om dit te doen nie.
8 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar