Gedigte

Titel: Padwoede
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Buite in die straat jaag motors verby
Toeters wat blaas, vuiste gebal, aan’t baklei
Padwoede het toegeneem
Stres en gejaagdheid het glimlagte ontneem
Ry jy te stadig is iemand ontsteld
Jaag jy verby, is jy die een wat ontgeld
Bulderende krete van hulle wat verwag
dat jy jou moet buig voor hulle gesag
Donderweer blitse uit menige oë
van hulle wat in hul eie onskuld glo
Waar is die tyd toe mense met mekaar kon lag
Rustig op `n verkeerslig kon wag?
Alles is nou net `n gejaag na wind
Fronse tussen die oë vasgebind
Glimlag vir die motoris langs jou
Knik jou kop, wees die ou
wat vrede op ons paaie terug wil bring
en hardop `n vredeslied wil sing




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

waar en goed geskryf!
10 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 21 ure oud


'n Saluut vir jou. (Met 'n glimlag, natuurlik)
10 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


Wim
Padwoede
Net deur die gedig te lees, wil ek sommer aan padwoede-stres begin ly. Ek probeer kliphard om die laaste vier reëls uit te leef, maar dit neuk maar party dae. Goed geskryf!
10 jaar 2 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar