Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Pa...
eenmaal...
(dit was toe ek jonk was)
het Pa gesê...ek is mooi
maar my hare was nie blond nie
en my lippe en my wange...
nimmer...blosend rooi

"one day - you'll be the queen of the ball"
het Pa gesê...
maar Pa was verkeerd...dis nie so nie
en ek weet...Pa sal my nie glo nie
maar...
ek kan glad nie eens baie goed dans nie


maar ag...
wat maak dit tog saak
as ek nie kan wals of cha-cha
of jive nie
wat maak dit tog saak...
as ek so muurblom
langsaan die baan

want, Pa...
eendag
(dit was toe ek jonk was)
het jy siek geword...
en doodgegaan




C. Shaw
13 Junie 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hmmmmmmm
Mooi geskryf.
(Al is dit so hartseer.)
Ons, wat steeds ons pa's in lewende lywe het, moet hulle seker meer waardeer..
5 jaar 3 maande 1 week 15 ure oud


pa
hoe hartseer maak hierdie mooi gedig my nou
5 jaar 3 maande 1 week 1 dag 8 ure oud


die weervoorspelling
nie daai twist verwag nie.
5 jaar 3 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


.
Het jy die gedig vir my geskryf ?
5 jaar 3 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


Pa
Hartversleurend, maar dis die mooi wat hy in jou gesien het, wat 'n blywende indruk op jou gemaak het.

Pragtig verwoord.
5 jaar 3 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


Pa
Dis 'n pa se liefde vir sy dogter wat hom net die mooiste en beste laat sien. Jy roer weer die hartsnare met hierdie gediggie.
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


pa
so n uitstaande gedig hierdie. dit raak aan n mens diep in die hart
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


Ai.
My pa ook. En hy het ook altyd gesê als wat ek doen is die beste . . . al het ek geweet dis nie altyd waar nie. Dis net sy liefde wat praat. Ai. Jy het weer my hart diep geraak . . .
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 3 ure oud



TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar